Marie-Alice Boshoff

Gent, België

WANDELING   ('n gedig geskryf deur die digter D.J. Opperman)

Ek het met jou deur koeltes van die bos

na die verlore vrede teruggekeer,

die skemering oor die natgedrupte mos,

die bessies, blomme en die wit-blou veer

wat van die snelle swalu glip en los

bly hang in die trae kringe bo die meer,

waar muggies oor die helder water tros

en visse blink-pens na die son omkeer.

Jy het my van die mense weggelei

na hierdie stil en afgeslote ryk,

waar met verwondering voor elke tree

ek sien hoe God hier kalmer vorm kry

en deur die bessies en die orgidee

en oë van die visse na my kyk

Werken